
‘n Kerk gebou op God se genade…
Goedgegun is ‘n unieke gemeente wat gelowiges uit verskillende kerke in eSwatini saamsnoer. Ons wil graag funksioneer as ‘n liggaam wat uit Jesus as die Hoof ontstaan het, en uitreik na ‘n wêreld in nood.

‘n Heerlike kersie-pannekoek reëndag!
Ons as gemeente het heerlik saam pannekoek gebak saam by die Malkerns Boeremark voor Kersfees. Dankie aan almal wat hiermee behulpsaam was!
Manzini wyk se dak word opgeknap!
Ons kerkgebou in Manzini het nie net ‘n nuwe dak gekry nie, maar ‘n nuwe baadjie ook! Lidmate het saamgespan om hierdie pragtige kerkgebou se dak weer te herstel na baie jare se wind en weer.

‘n Unieke gemeente…






Kontakpersoon: Elmarie van Biljon +268 78500934
Epos: ellavbiljon@gmail.com